2015 dien 'n merkwaardige punt op die bestaansjaar van die skool, Eindhoven Primêr.

GELUKKIGE 21ste VERJAARSDAG EINDHOVEN PRIMêRE SKOOL

Alle leerders van Eindhoven Primêr is eindlik gelukkig en spesiaal omdat hulle deel is van 'n unieke 21ste jaar van herdenking van die skool.  Veral hierdie jaar se graad sewes, omdat dit hulle finale primêre skooljaar is. Ook omdat hulle die langste by die skool is, indien hulle graad een hier begin het.

ONS SKOOLWAPEN - waar kom dit vandaan en wat beteken dit?

As u na 'n landkaart in die Atlas kyk, kyk na Europa.  U sal Holland(Nederland), noord van België, en wes van Duitsland vind.  Aan die weste is die Noordsee en Brittanje (Engeland).  Ten noorde is die Noordsee.  Die volgende dorpe naamlik Eindhoven, Delft, Leiden, the Hague (Den Haag) en Roosedal is in Holland (Nederland) waarvan Eindhove die grootste is.  In ons area is al hierdie plekke deel van Delft.  Dit is ook die name van die verskillende skole waarvan ons ook een is.

Gedurende die Franse tydperk in 1232 het Eindhoven stadsreg gekry.  Die wapen dui 'n vryheidsbeeld aan wat beteken dat alle inwoners vry was en daar geen oorlog was teen die Franse nie.

Simbolisering:

DIE DRIE HORINGS: is deel van 'n wapen van 'n edele familie "Van Horne" van Eindhoven en beteken eiendomsregte vir die area van Eindhoven en feodale regte (om grond te besit).

KLEUR VAN DIE HORINGS: Silwer en is gemonteer op (staan op) 'n Rooi agtergrond.

DIE KROON:  is in die 17nde eeu by die wapen gevoeg.  Dit dui KONINGLIKE BEHEER aan.  Dit is ‘n GOUE Virginia kroon met vier pêrels.

DIE LEUSE: OP ZOEK NAAR EEN HART

Die mense van Eindhoven was ‘n groep mense wat van verskillende areas en het groepies gevorm wat groot verwarring veroorsaak het.  Hulle het gestry en dikwels baklei. 

Hulle het steenkool ontdek in ‘n sekere area (gebied van Eindhoven) en besluit om almal saam te werk in vrede om te groei en ontwikkel tot hulle eie voordeel.  “OP ZOEK NAAR EEN HART” beteken dat hulle mekaar verstaan het, mekaar gevind het en dat hulle saam gewerk het om die stad EINDHOVEN te stig.

Hulle het die MAG (LEEU) bekom deur EEN HART te vind en EIENDOMSREG, (HORINGS) gekry deur EINDHOVEN te stig.