GEDRAGSKODE VIR EINDHOVEN PRIMêR

 

  1.  AANHEF TOT GEDRAGSKODE.

Die Gedragskode vir leerders van Eindhoven Primêr is na oorleg met die kinders, ouers en opvoeders deur die Beheerliggaam en skoolbestuur saamgestel van terme van:

  1. Die skolewet No. 84 van 1996, artikels 6 & 7.
  2. Die Grondwet No. 108 van 1996

 

  1. DIE DOEL EN BELANGRIKHEID VAN DIE GEDRAGSKODES.
    1. Dit is daarop gemik om ñ gedissiplineerde en doegerigte leerder gemeenskap te ontwikkel en om  ñ omgewing te skep wat bevorderlik vir die leerproses is.
    2. Om die belange van die leerder en enige party wat by dissiplinêre handelinge betrokke te beskerm.
    3. Om alle leerders te bemagtig om verantwoordelikheid vir hul eie gedrag te aanvaar.
    4. Om self  dissipline en goeie gedrag by leerders aan te moedig.

 

  1. GEDRAGSKODE:

ELKE LEERDER HET:

  • Die reg om veilig te voel en die verantwoordelikheid om die veiligheid van ander te verseker.
  • Die reg om met respek behandel te word en die verantwoordelikheid om andere met respek te behandel.
  • Die reg om te leer en te ontvang en die verantwoordelikheid om opvoeders die geleentheid te gee om te onderrig en ander leerders se reg to onderrig te respekteer.
  • Die reg om sy eie opinie en die verantwoordelikheid om te luister.
  • Die reg tot eienaarskap en die verantwoordelikheid om andere se eiendom met respek te behandel.
  • Die reg tot ñ netjiese en skoon omgewing en die verantwoordelikheid om ander leerders dieselfde reg toe te se.

   

  1. SKOOLREëLS:

Hierdie stel reels die nom goeie orde, etos en aansien van Eindhoven Primêr te handhaaf en uit te bou.  Discipline is ñ vereiste vir ñ gesonde opvoedkundige atmosfeer.  Dit word van elke leerling vewag om hom/haar aan die grense van die personeel en leerlinggraad te onderwerp.

  1. GEDRAG:
  •  Alle leerlinge se gedrag teenoor onderwysers, ouers, skoonmakers en prefekte moet getuig van respek en beleefdheid.
  • Dit word van alle leerlinge verwg om opdragte ter bevordering van sy/haar opvoeding, nougesetheid uit te voer.

 

  • Geen leerling mag in besit wees van rookgoed, drank of enige dwelmmiddels of die gebruik daarvan nie.
  • Geen leerling mag rook of alcoholise drank gebruik in enige openbare plek, waar hy/sy as  leerling van hierdie skool uitgereken kan word nie.
  • Leerlinge word nie toegelaat om armband, halssnoere, kopdoeke, oorringe en neusringe te dra nie.
  • Drafskoene (tekkies) word nie toegelaat nie.
  • Daar word verwag dat die seuns se hare netjies en kortgeknip moet wees.
  • Die meisies se hare moet goed versorg en vasgebind wees.
  • Die wet verbied dat leerlinge van skoolgaande ouderdom in besit van dwelmiddels mag wees of dit mag gebruik.
  • Geen bakleiery, vuiltaal, geniepsigheid en afknouery word op die terrain toegelaat nie.
  • Geen spelery word in toilette, kleedkamers, op die trappe, stoepe of in die tuin toegelaat nie.
  • Geen leerling mag op die skoolterrein met voorwerpe speel of dit hanteer wat vir ander leerlinge gevaar mag inhou nie.
  • Geen leerlinge mag oor die omheining van die skoolterrein klim nie.
  • Leerlinge mag nie met fietse op die terrein rondry nie.
  • Leerling wat per fiets skool toe ry, moet die fiets agter die administratiewe blok parkeer.
  • Geen leerlinge mag aan fietse peuter nie.
  • Kougom:  Geen leerling word toegelaat om kougom op die terrein  te bring of  te kou nie.  Dit is ongesond en steurend.

 

  1. SKOOLBYWONING:
  •  Alle leerling moet die skool elke dag bywoon.
  • Indien ñ leerling weens siekte of ñ grondige rede verhinder word om die skool by te woon, moet hy/sy ñ brief van sy ouer aan die geregisteronderwyser/es oorhandig met sy terugkeer na die skool.
  • Afsprake met ñ dokter of tandarts moet na skool gemaak word.  Slegs in noodgevalle en met die toon van ñ afspraakkaartjie sal uitsonderings gemaak word.  Leerlinge word by die kantoor kom afhaal en nie by die register / vakonderwyser nie.
  • Leerlinge wat laatkom meld eers by die prinsipaal of adjunkhoof aan voordat hulle na die klaskamer gaan.
  • Geen leerling mag die skoolterrein gedurende skoolure sonder verlof van die prinsipaal verlaat nie.
  • Indien ñ leerling gedurende die eksamen afwesig is, word ñ mediese sertifikaat verreis.

 

  1. SKOOLDRAG:

MEISIES

SEUNS

Sweetpak

Sweetpak

(Slegs die voorgeskrewe ontwerp is toegelaat)

Skoolrok

(Slegs die voorgeskrewe ontwerp is toegelaat)

Grys broek (kort of lank)

Blou skoolhemp

Blou skoolhemp

Swart skoolskoene

Swart skoolskoene

(Geen tekkies nie)

(Geen tekkies nie)

Wit sokkies

Grys sokkies

Wit t-hemp en wit kortbroekie vir LO

Wit t-hemp  en wit kortbroekie vir LO

 

 

NB:  Bestelling word by die skool gedoen.

         Pryse wissel volgens groote.

        Kontak Mev. Solomons by 021-955-1171

        Dus veel goedkoper om by die skool te bestel, as by ander instansies.

 

  1. SKOOLGEBOUE EN TERREIN:
  • Dit word van elke leerling  verwag om die gebou netjies en sindelik te hou.
  • Leerlinge moet nie op mure skryf of krap nie.
  • Slegs leerling met spesiale toestemming word vor skool, gedurende pouse of na skool in klaskamers toegelaat.
  • Geen leerlinge mag voorradestore, of die personeelkamer sonder toestemming binnegaan nie.
  • Skoolbanke, mure, boeke en veselborde moet met respek behandel en skoon gehou word.
  • Geen leerling word toegelaat om in die voorportaal rond te drentel nie.
  • Die portal is nie ñ deurgang na die klaskamers nie.
  • Skille, papiere en Rommel word in vuilishouers gegooi.
  • Geen bome, struike of blomme mag deur leerlinge beskadig word nie.

 

  1. WISSEL VAN KLASSE EN AANTREE VOOR KLASKAMERS:
  •  Leerlinge tree ordelik en gedisseplineerd aan.
  • Klaswisseling geskied onberispelik en gedissiplineerd.
  • Geen klas gaan  ñ klaskamer binne tensy deur ñ onderwyser aangesê.
  • Indien ñ onderwyser nie opdaag nie, is dit die taak van die klaskaptein om die kantoor onmiddellik in kennis te stel.

 

  1. SKORSING EN UITSETTING:

Skorsing is die tydelike verbod deur die beheerliggaam op die bywoning van die skool deur ñ leerder.  Daar is twee vorme van skorsing:

  •  As ñ korrektiewe maatreël vir ñ tydperk wat nie vyf skooldae oorskry nie.
  • Nadat die beheerliggaam uitsetting by die hoof van WKOD aanbeveel het.  Waar die beheerliggaam by die hoof van WKOD aanbeveel dat ñ leerder uit die skool gesit word, word sodanige leerder geag as geskors te wees ingevolge Artikel 9 (1) (6) (b) van die Suid Afrikaanse skolewet 1996 (wet 84 van 1996).

 

  • Hierdie skorsing moet nie gesien word as ñ korrektiewe maatreël ingevole Artikel 9 (1) (a) van die S.A Skolewet, 1996,  Hierdie skorsing kan dus vir ñ tydperk langer as een week wees.
  • Die periode van skorsing  strek van die oomblik dat die leerder verdure bywoning van die skool belet word en hy/sy asook sy/haar ouers skriftelik van die redes, vir skorsing in kennis gestel is.
  • Uitsetting is die permanente verbod deur die hoof van die WKOD op ñ leerder om die skool by te woon indien hy/sy na ñ regverdige verhoor skuldig bevind is aan ernstige wangedrag.

 

 

  1. STRAF:
  • Straf is ñ korrektiewe maatreël wat ñ oortreder moet verduur om sodoende die ordelike gemeenskap van die skool te handhaaf.
  •  

 

 

VLAK 1 – OORTREDING:

Oortreding wat die ordelike funksionering van die klaskamer, en skool belemmer:

 

OORTREDING

 

 

DEFINISIE

 

Stokkiesdraai:

 

Ñ Gebrek aan gereelde skool bywoning, afwesig sonder verlof.

 

 

Dros :

 

 

Afwesigheid van individuele klasse sonder verlof, sowel as die verlaat van die skool-terrein gedurende skoolure sonder verlof.

 

 

Traagheid:

 

 

Die laat aakoms by die skool of klasse.

 

 

Oneerlikheid:

 

Die gebruik en/ of pogings om gebruik te maak van inligting op ñ oneerlike wyse is ook ñ oortreding.

 

 

Elektroniese Toestelle:

 

Ongemagtigde besit van toerusting soos radio’s, CD spelers, rekenaar sprelers en walkmans.

 

 

Skooldrag Oortredings:

 

Leerders wie se voorkoms (hare, klere, skoene) nie voldoen aan die skoolreëls nie.

 

 

Rommelstrooi:

 

Die rondgooi van papiere, vuilgoed en ander material op die skoolterrein en in die locale of saal.

 

 

Vloekery:

 

Vloek, skeltaal en die wys van obsene tekens tydens skoolure of wanneer die leerder as ñ leerder geidentifiseer kan word.

 

 

Vuiltaal:

 

Betrokkenheid by die belediging en die maak van afbrekende aanmerkings teenoor leerders, hy sy op die skoolterrein, sportvelde, busse, treine of enige plek waar die leerder die skool verteenwoordig.

 

 

Tuiswerk:

 

 

Nie gedoen of gedeeltelik gedoen.

 

 

 

 

 

 

DISSIPLINêRE OPTREDE VIR VLAK 1 – OORTREDINGS:

In die geval van kleiner oortredings (vlak 1 oortredings) mag korrektiewe maatreëls toegepas word en kan dit die volgende insluit:

 

  •  Mondeling onder toesig sal bydra tot die leerder se vordering op skool, verbeter van die skoolomgewing. (detensie / gemeenskapdiens)

 

  • Die uitvoer van take wat die person teen wie die misstap began is sal ondersteun.

 

  • Ooreengekome bekostigbare skade vergoeding.

 

  • Leerderberading.

 

  • Wegneem van sekere voorregte, bv. Sport, kulturele aktiwiteite.