GEDRAGSKODE VIR EINDHOVEN PRIMêR
- AANHEF TOT GEDRAGSKODE.
Die Gedragskode vir leerders van Eindhoven Primêr is na oorleg met die kinders, ouers en opvoeders deur die Beheerliggaam en skoolbestuur saamgestel van terme van:
- Die skolewet No. 84 van 1996, artikels 6 & 7.
- Die Grondwet No. 108 van 1996
- DIE DOEL EN BELANGRIKHEID VAN DIE GEDRAGSKODES.
- Dit is daarop gemik om ñ gedissiplineerde en doegerigte leerder gemeenskap te ontwikkel en om ñ omgewing te skep wat bevorderlik vir die leerproses is.
- Om die belange van die leerder en enige party wat by dissiplinêre handelinge betrokke te beskerm.
- Om alle leerders te bemagtig om verantwoordelikheid vir hul eie gedrag te aanvaar.
- Om self dissipline en goeie gedrag by leerders aan te moedig.
- GEDRAGSKODE:
ELKE LEERDER HET:
- Die reg om veilig te voel en die verantwoordelikheid om die veiligheid van ander te verseker.
- Die reg om met respek behandel te word en die verantwoordelikheid om andere met respek te behandel.
- Die reg om te leer en te ontvang en die verantwoordelikheid om opvoeders die geleentheid te gee om te onderrig en ander leerders se reg to onderrig te respekteer.
- Die reg om sy eie opinie en die verantwoordelikheid om te luister.
- Die reg tot eienaarskap en die verantwoordelikheid om andere se eiendom met respek te behandel.
- Die reg tot ñ netjiese en skoon omgewing en die verantwoordelikheid om ander leerders dieselfde reg toe te se.
- SKOOLREëLS:
Hierdie stel reels die nom goeie orde, etos en aansien van Eindhoven Primêr te handhaaf en uit te bou. Discipline is ñ vereiste vir ñ gesonde opvoedkundige atmosfeer. Dit word van elke leerling vewag om hom/haar aan die grense van die personeel en leerlinggraad te onderwerp.
- GEDRAG:
- Alle leerlinge se gedrag teenoor onderwysers, ouers, skoonmakers en prefekte moet getuig van respek en beleefdheid.
- Dit word van alle leerlinge verwg om opdragte ter bevordering van sy/haar opvoeding, nougesetheid uit te voer.
- Geen leerling mag in besit wees van rookgoed, drank of enige dwelmmiddels of die gebruik daarvan nie.
- Geen leerling mag rook of alcoholise drank gebruik in enige openbare plek, waar hy/sy as leerling van hierdie skool uitgereken kan word nie.
- Leerlinge word nie toegelaat om armband, halssnoere, kopdoeke, oorringe en neusringe te dra nie.
- Drafskoene (tekkies) word nie toegelaat nie.
- Daar word verwag dat die seuns se hare netjies en kortgeknip moet wees.
- Die meisies se hare moet goed versorg en vasgebind wees.
- Die wet verbied dat leerlinge van skoolgaande ouderdom in besit van dwelmiddels mag wees of dit mag gebruik.
- Geen bakleiery, vuiltaal, geniepsigheid en afknouery word op die terrain toegelaat nie.
- Geen spelery word in toilette, kleedkamers, op die trappe, stoepe of in die tuin toegelaat nie.
- Geen leerling mag op die skoolterrein met voorwerpe speel of dit hanteer wat vir ander leerlinge gevaar mag inhou nie.
- Geen leerlinge mag oor die omheining van die skoolterrein klim nie.
- Leerlinge mag nie met fietse op die terrein rondry nie.
- Leerling wat per fiets skool toe ry, moet die fiets agter die administratiewe blok parkeer.
- Geen leerlinge mag aan fietse peuter nie.
- Kougom: Geen leerling word toegelaat om kougom op die terrein te bring of te kou nie. Dit is ongesond en steurend.
- SKOOLBYWONING:
- Alle leerling moet die skool elke dag bywoon.
- Indien ñ leerling weens siekte of ñ grondige rede verhinder word om die skool by te woon, moet hy/sy ñ brief van sy ouer aan die geregisteronderwyser/es oorhandig met sy terugkeer na die skool.
- Afsprake met ñ dokter of tandarts moet na skool gemaak word. Slegs in noodgevalle en met die toon van ñ afspraakkaartjie sal uitsonderings gemaak word. Leerlinge word by die kantoor kom afhaal en nie by die register / vakonderwyser nie.
- Leerlinge wat laatkom meld eers by die prinsipaal of adjunkhoof aan voordat hulle na die klaskamer gaan.
- Geen leerling mag die skoolterrein gedurende skoolure sonder verlof van die prinsipaal verlaat nie.
- Indien ñ leerling gedurende die eksamen afwesig is, word ñ mediese sertifikaat verreis.
- SKOOLDRAG:
MEISIES |
SEUNS |
Sweetpak |
Sweetpak |
(Slegs die voorgeskrewe ontwerp is toegelaat) Skoolrok |
(Slegs die voorgeskrewe ontwerp is toegelaat) Grys broek (kort of lank) |
Blou skoolhemp |
Blou skoolhemp |
Swart skoolskoene |
Swart skoolskoene |
(Geen tekkies nie) |
(Geen tekkies nie) |
Wit sokkies |
Grys sokkies |
Wit t-hemp en wit kortbroekie vir LO |
Wit t-hemp en wit kortbroekie vir LO |
NB: Bestelling word by die skool gedoen.
Pryse wissel volgens groote.
Kontak Mev. Solomons by 021-955-1171
Dus veel goedkoper om by die skool te bestel, as by ander instansies.
- SKOOLGEBOUE EN TERREIN:
- Dit word van elke leerling verwag om die gebou netjies en sindelik te hou.
- Leerlinge moet nie op mure skryf of krap nie.
- Slegs leerling met spesiale toestemming word vor skool, gedurende pouse of na skool in klaskamers toegelaat.
- Geen leerlinge mag voorradestore, of die personeelkamer sonder toestemming binnegaan nie.
- Skoolbanke, mure, boeke en veselborde moet met respek behandel en skoon gehou word.
- Geen leerling word toegelaat om in die voorportaal rond te drentel nie.
- Die portal is nie ñ deurgang na die klaskamers nie.
- Skille, papiere en Rommel word in vuilishouers gegooi.
- Geen bome, struike of blomme mag deur leerlinge beskadig word nie.
- WISSEL VAN KLASSE EN AANTREE VOOR KLASKAMERS:
- Leerlinge tree ordelik en gedisseplineerd aan.
- Klaswisseling geskied onberispelik en gedissiplineerd.
- Geen klas gaan ñ klaskamer binne tensy deur ñ onderwyser aangesê.
- Indien ñ onderwyser nie opdaag nie, is dit die taak van die klaskaptein om die kantoor onmiddellik in kennis te stel.
- SKORSING EN UITSETTING:
Skorsing is die tydelike verbod deur die beheerliggaam op die bywoning van die skool deur ñ leerder. Daar is twee vorme van skorsing:
- As ñ korrektiewe maatreël vir ñ tydperk wat nie vyf skooldae oorskry nie.
- Nadat die beheerliggaam uitsetting by die hoof van WKOD aanbeveel het. Waar die beheerliggaam by die hoof van WKOD aanbeveel dat ñ leerder uit die skool gesit word, word sodanige leerder geag as geskors te wees ingevolge Artikel 9 (1) (6) (b) van die Suid Afrikaanse skolewet 1996 (wet 84 van 1996).
- Hierdie skorsing moet nie gesien word as ñ korrektiewe maatreël ingevole Artikel 9 (1) (a) van die S.A Skolewet, 1996, Hierdie skorsing kan dus vir ñ tydperk langer as een week wees.
- Die periode van skorsing strek van die oomblik dat die leerder verdure bywoning van die skool belet word en hy/sy asook sy/haar ouers skriftelik van die redes, vir skorsing in kennis gestel is.
- Uitsetting is die permanente verbod deur die hoof van die WKOD op ñ leerder om die skool by te woon indien hy/sy na ñ regverdige verhoor skuldig bevind is aan ernstige wangedrag.
- STRAF:
- Straf is ñ korrektiewe maatreël wat ñ oortreder moet verduur om sodoende die ordelike gemeenskap van die skool te handhaaf.
VLAK 1 – OORTREDING:
Oortreding wat die ordelike funksionering van die klaskamer, en skool belemmer:
OORTREDING
|
DEFINISIE |
Stokkiesdraai: |
Ñ Gebrek aan gereelde skool bywoning, afwesig sonder verlof.
|
Dros :
|
Afwesigheid van individuele klasse sonder verlof, sowel as die verlaat van die skool-terrein gedurende skoolure sonder verlof.
|
Traagheid:
|
Die laat aakoms by die skool of klasse.
|
Oneerlikheid: |
Die gebruik en/ of pogings om gebruik te maak van inligting op ñ oneerlike wyse is ook ñ oortreding.
|
Elektroniese Toestelle: |
Ongemagtigde besit van toerusting soos radio’s, CD spelers, rekenaar sprelers en walkmans.
|
Skooldrag Oortredings: |
Leerders wie se voorkoms (hare, klere, skoene) nie voldoen aan die skoolreëls nie.
|
Rommelstrooi: |
Die rondgooi van papiere, vuilgoed en ander material op die skoolterrein en in die locale of saal.
|
Vloekery: |
Vloek, skeltaal en die wys van obsene tekens tydens skoolure of wanneer die leerder as ñ leerder geidentifiseer kan word.
|
Vuiltaal: |
Betrokkenheid by die belediging en die maak van afbrekende aanmerkings teenoor leerders, hy sy op die skoolterrein, sportvelde, busse, treine of enige plek waar die leerder die skool verteenwoordig.
|
Tuiswerk:
|
Nie gedoen of gedeeltelik gedoen. |
DISSIPLINêRE OPTREDE VIR VLAK 1 – OORTREDINGS:
In die geval van kleiner oortredings (vlak 1 oortredings) mag korrektiewe maatreëls toegepas word en kan dit die volgende insluit:
- Mondeling onder toesig sal bydra tot die leerder se vordering op skool, verbeter van die skoolomgewing. (detensie / gemeenskapdiens)
- Die uitvoer van take wat die person teen wie die misstap began is sal ondersteun.
- Ooreengekome bekostigbare skade vergoeding.
- Leerderberading.
- Wegneem van sekere voorregte, bv. Sport, kulturele aktiwiteite.